hittegolf waarskuwings

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku teen uiters hoë brandgevaartoestande in vier provinsies aangesien die hittegolf voortduur. Uiters hoë brandgevaartoestande word op plekke oor die Noord-Kaap, die noordelike binneland van die Wes-Kaap, die westelike helfte van die Oos-Kaap en Mangaung in die Vrystaat verwag. Mooi weer word vir die Noord-Kaap voorspel met baie warm tot uiters warm en gedeeltelik bewolkte weer oor die binneland met geïsoleerde middagbuie en donderbuie in sommige plekke in die noordooste. Die wind langs die kus sal fris tot sterk suid waai en in die middag sterk suid tot suidoos. 41 in Upington verwag gevolg deur 38 in Kimberley.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media