71 jarige boer vermoor

Die Suid Afrikaanse Polisie Diens sê ‘n 21 jarige verdagte is inhegtenis geneem na die ontdekking van die ligaam van ‘n 71 jarige plaasboer in die Keimoes omgewing. Die polisie sê die ondersoek na die moord op die boer duur voort en die verdagte wie met die boer se voertuig betrap is sal in die hof verskyn. Volgens ‘n polisie verklaring is die ligaam van die boer is op Donderdag, 8 Februarie vanjaar gekry.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media