Werk by Avondale sonplaas is weer hervat

Bymonde van Zirk Botha, Hoof uitvoerende beampte van Boza International, gemeenskapskakel vir die Avondale sonplaas, sowat 30 kilometer buite Upington, is operasionele aktiwiteite by die sonplaas hervat vroeër vandees week. Die sonplaas se werksaamhede was gestop deur die plaaslike Jeug sake kamer, ter ondersteuning van ander plaaslike sake kamers nadat hulle aangevoer het dat kontrakteure van buite die dorp voorkeur geniet, hul ongelukkigheid oor aanstellings waarby plaaslike inwoners nie baatvind nie en dat die prosesse wat gevolg word met die toekenning van sub – kontrakteure nie deursigtig is nie ,ondermeer. Die sake kamer het ook vroeër geeis om met die eienaar te vergader om die geskille te tafel, maar Botha het intussen gelas dat daar nie weer gesprekvoeringe met die gemeenskap sal wees nie, want hierdie proses was alreeds uitgevoer. Volgens Botha het die protes ‘n agterstand vir die projek meer gebring, maar die verlore tyd in produksie word intussen ingehaal.    

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media