blok weer in april in die hof

'N sterk polisieteenwoordigheid was by Kimberley-landdroshof in die Noord-Kaap sigbaar waar die parool en voormalige provinsiale voorsitter van die African National Congress John Block se saak gister weer uitgestel was. Block het op aanklagte van bedrog verslkyn. Volgens die Nationale Vervolgings Gesage hou die klagtes verband met 'n tender vir die bou van 'n multi-miljoen-rand geesteshospitaal in Kimberley. Die bou van die hospitaal het 14 jaar geduur en die Suid-Afrikaanse belastingbetaler meer as R1 miljard gekos. Block is saam met twee medebeskuldigdes die voormalige Hoof van Openbare Werke Patience Mokgadi, en die Direkteur van Babereki Consulting Tshegolekae Motaung in die saak betrokke. Block is in November verlede jaar op parool vrygelaat nadat hy 15 jaar vir korrupsie en geldwassery in 'n ander saak uitgedien het. Sy volgende verskyning is die 5de April 2024.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media