Man vir transnet eiendom gestraf

Die spoornetwerk agentskap Transnet het die vonnis van tien jaar vir die peuter en diefstal asook beskadiging van infrastruktuur verwelkom, na 'n 5 meter koper kabel van die maatskapy van hulle perseel in De Aar gesteel is. Die 26 jarige Jerome Greef is in die hof in De Aar gevonnis na hy daaraan skuldig gevind is dat hy die kabel gesteel het. Die polisie se die tempo waarop kabeldiefstal in die provinsie plaasvind wek kommer en het belowe dat hulle geen Steen ongeroer gaan laat om die meesterbreine agter die vlaag van kabeldiefstal vas te trek nie. Sersant Molefi Shemane verduidelik. Insert

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media