Onwettige Storting kopseer in dkm

Die hoof van kliente diens by die Dawid Kruiper munisipaleteit Charles Mchizwa vergesel deur die waarnemende hoof van gesondheids dienste by die munisipaleteit Jafta March het 'n beroep gedoen op inwoners in die regsgebied om weg te doen met die onwettige storting van vuilus in woonbuurte. Mchizwa het ook gesê die munisipaleteit se oproep sentrum waar die publiek hulle dienslewerings klagtes en ook onwettige aktiwiteite soos die diefstal en vandalisering van munisipale infrastruktuur kan rapporteer sal vanaf die plaaslike brandweer stasie bedryf word. March het op sy beurt aangevoer dat die storting van vuilus 'n masiewe gesondheids risiko vir gemeenskappe inhou en dat inwoners moet wegdoen met die kultuur van vuilus storting omdat dit behalwe die gesondheids risiko ook n slegte beeld van die onderskeie gemeenskappe skep. Hy sê boetes gaan aan skuldiges uitgereik word terwyl die publiek ook moet raporteer sodat daar teen die skuldiges opgetree kan word. March sê dus ontoelaatbaar dat die munisipaleteit soveel tyd en energie kan inspan om herhaaldelik gestorte vuilus te verwyder terwyl dit ure na die skoonmaak net sake soos gewoontlik is en niemand diegene wat vuilus stort en woonbuurte onaangename plekke maak raporteer nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media