santaco gaan geen tarief verhoog

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad oftewel Santaco sê die onlangse styging in brandstofpryse sal nie die huidige taxi-tariewe in die provinsies waar die vakbond in bedryf is afekteer nie. Die aankondiging kon na die Energiedepartement se aankondiging van skerp brandstofprysstygings watom middernag gisteraand in werking getree het. Beide grade petrol het met 75 sent per liter gestyg, terwyl die prys van Diesel met 70 en 75 sent per liter onderskeidelik toegeneem het met verligtingsparaffien 71 sent per liter duurder. Die Santaco Nasionale Woordvoerder Rebecca Phala sê hul tariewe-indeksbeleid bepaal dat daar net een keer per jaar 'n verhoging moet wees. In die ZF Mgcawu streek het die voorsitter Vernon Oor pendelaars gerusgestel en gesê hulle steun die nasionaleliggaam sê aankondiging. Rebecca Phala sê intussen die vakbond wil nie 'n situasie hê waar tariewe verhoog wanneer die brandstofprys toeneem nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media