Die Demokratiese Alliansie sê het die voortdurende besoedeling van 'n Upington-kanaal by die Groen Skerpioene aangemeld vir dringende optrede teen die Dawid Kruiper-munisipaliteit. Dit kom nadat die party na bewering Dinsdag ’n plaaslike inwoner vergesel het om kriminele klagte teen die munisipaliteit in te dien omdat hulle versuim het om oorlopende dreine aan te spreek wat herhaaldelik veroorsaak dat riool in die kanaal in Steenboklaan stort. Die kanaal strek van die voorstede in die Rand-omgewing tot in landelike landbougrond en hou 'n ernstige bedreiging in vir diegene wat kanaalwater vir persoonlike gebruik, gewasse en vee gebruik. Die party sê die rioolwater besoedel nie net die kanaal nie maar loop ook direk in die oranje rivier. Die party sê hulle het reeds die storting van riool vir die afgelope twee jaar gereeld onder die munisipaliteit se aandag gebring sonder enige reaksie soveelso dat hulle die menseregte kommisie hieroor moes beraadslag.
Dié situasie beklemtoon die feit dat rioolbesoedeling, asook die swak toestand van rioolinfrastruktuur en bestuur in die Noord-Kaap, erg is en al hoe erger word.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za