Hulp vir afgesnyde dorpe in nk en karoo

Kragopwekkers word na verskeie dorpe gestuur om noodsaaklike dienste aan die gang te hou nadat naweekstorms kraglyne in die Sentraal-Karoo asook gebiede in die noordkaap in duie laat stort het. Die kragverskaffer Eskom en telekominikasie spanne is intussen na die geafekteerde gebiede ontplooi om herstelwerk te verrig na swaar reën en stormsterk wind veroorsaak het dat sewe kragmaste Saterdag ineengestort het en inwoners in die donker gelaat het.die krag verskaffer het beken dat herstelwerk kompleks van aard is en dat hulle alles moontlik doen om die eleketrisiteits netwerk herstel te kry binne rekord tyd.Wes-Kaapse dorpe wat in die donker gelaat word, sluit in Roggeveld, Laingsburg, Ladismith, Leeugamka, Swartberge, Merweville, Matjiesfontein en Prins Albert terwyl die noordkaapse dorpe Fraserburg en Sutherland ook geafekteer word. Eskom sê die opwekkers is om te verseker dat hospitale en skole ten minste toegang tot elektrisiteit en water het. 'n soortgelyke storm het die voormalige mier munisipale regsgebied by roetfontein 'n week gelede getref en die elektrisiteit en water netwerk ontwrig terwyl selfoon netwerk probleme ook ervaar was.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media