Lekwene om noordkaap toe te spreek

Die LUR vir gesondheid in die Noordkaap provinsie Maruping Lekwene gaan na verwagting die Noordkaap toespreek en 'n opdatering verskaf oor die departement se vordering wat dienslewering betref. Die departement bly in die soeklig oor swak dienslewering en was selfs in die ZF Mgcawu die afgelope weke gereeld daarvan beskuldig dat klinieke geen medikasie het nie en mediese sorg by onderanderre die dokter Harry Surtie hospitaal in 'n haglike toestand is. Die Progress kliniek is die jongste na bewerings dat die fasiliteit sy deure twee uur daagliks sluit en die publiek deur sekuriteit oor hulle toestand ondervra word. Wat die kliniek betref het die departement reeds bevestig dat hulle die bewerings aangespreek het terwyl die kwessie by die Dokter Harry Surtie hospitaal volgens Lulu Xxekezo van die departement tans aandag geniet. Die LUR sal naverwagting die en ander uitdagings in sy toespraak hanteer asook die vordering wat sover gemaak is met die tekort aan mediese personeel en nooddienste voertuie wat ambulanse insluit. Lekwene se toespraak begin om tien uur.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media