Beurtkrag duur voort

Beurtkrag in die Dawid Kruiper munisipale regsgebied duur vandag op Fase Twee en Drie onderskeidelik voort met 'n beroep wat gedoen word op inwoners om alle elektriese toestelle soos stowe en strykysters van kragpunte te verwyder voordat hulle huise sou verlaat asook om alle kragpunte as kragdraend gedurende beurtkrag te beskou. In blok een was beurtkrag reeds van middernag tot twaalf dertig op fase drie en weer van ses tot agt uur vanoggend op fase twee waarna dit weer van tien uur tot middernag vanaand op fase drie beurtkrag gaan wees. Wat blok nege betref, gaan die krag van twee uur vanmiddag tot vier dertig op fase twee en weer van tien vanaand tot middernag op fase drie af wees. Die beskerming van elektrisiteits infrastruktuur bly ook een van die versoeke aan die kant van die Dawid Kruiper munisipaleteit.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media