Kumba bou huise

Die Noordkaapse Kumba Iron Ore sishen myn het twee gesinne van Olifantshoek as deel van hulle sosiale verantwoordelikheid elk van 'n woonhuis voorsien. Die bou van die huise kom na die mynbestuur deur 'n plaaslike raadslid van die behoefte inkennis gestel is. Samewerking en beplanning tussen die myn en die Gamagara munisipaleteit het die proses deurgesien. Die 79 jarige Pulilalo Steward en 84 jarige Gosalamang Mdiniza beide van Ditloung in Olifantshoek is nou die eienaars van 'n twee slaapkamer huis. Die myn se algemene bestuurder Andre Roux het die myn te teenwoordigheid en steun aan die inwoners van die omgewing tydens die oorhandiging van die huise opnuut bevestig.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media