Die ANC in die Noordkaap is besig met die werf van steun in aanloop van die laaste naweek se kiesersregistrasie veldtog wat die naweekdeur die onafhanklike verkiesings kommisie geloods word. Die party is in alle streke besig om kiesers aan te moedig om die finale rondte te gebruik om te registreer. Intussen het die voormalige president van die party en land president Thabo Mbeki sy voorganger, Jacob Zuma, skerp gekritiseer by die ANC se Nasionaleuitvoerende komitee Lekgotla in Boksburg aan die Oos-Rand. Mbeki het by die Lekgotla gepraat nadat die NUK besluit het om Zuma uit die party te skop vir die oortreding van die ANC se grondwet. Die oud-president het Zuma se termyn as president van die land en die ANC beskryf as teen-revolusionêre jare. Mbeki het gesê Zuma se termyn het gelei tot mislukking en rampspoed binne die regerende party.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za