Sutherland konstabel inhegtenis geneem

Die 29 jarige Vuyiseka Matse polisie Konstabel by Sutherland is inhegtenis geneem deur die onafhanklike polisie ondersoek direktoraat na bewerings van poging tot moord asook aanranding met die opset om ernstig te beseer. Matse word verder daarvan beskuldig dat hy op die 27ste Januarie vanjaar na die huis van Ene Maria Manella sou gaan opsoek na die 16 jarige reevin Manela wie sy daarvan beskuldig het dat hy haar selfoon gesteel het. Die sestien jarige slagoffer het in 'n onderonsie 'n steekwond aan sy linker arm opgedoen en is met 'n ysterpyp aangerand terwyl sy ma tydens 'n poging om te keer ook deur die konstabel gesteek is. Beide ma en seun is vir mediese behandeling geneem waarna Maria Manella later weens haar beserings na die Calvinia hospitaal gehaas is . Die konstabel was ten tye van die insident van diens en het reeds op die klagtes in die hof verskyn waar die saak tot 14 Februarie vanjaar uitgestel is vir ondersoek en sy slegs gewaarsku is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media