Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n advies uitgereik vir 'n hittegolf met aanhoudende hoë temperature oor sommige streke in die Oos-Kaap. Uiters hoë brandgevaartoestande word verwag oor die Musina en Thulamela plaaslike munisipaliteite in Limpopo en die Hantam Plaaslike Munisipaliteit in die Noord-Kaap, asook op plekke oor die Dr Beyers Naude Plaaslike Munisipaliteit van die Oos-Kaap. Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm temperature word in die Noord-Kaap verwag. Geïsoleerde middagbuie en donderbuie word verwag, met verspreide buie in die uiterste noordooste. Die weerdiens sê daar sal goeie toestande in die uiterste weste wees en warm temperature op plekke oor die Namakwa-distrik. Die wind langs die kus sal lig en wisselvallig wees, wat vanaf die middag 'n matige suidelike tot suidoostelike wind word, en soms vanaf laatmiddag vars tot sterk word. 36 grade word vir Upington voorspel met slegs 35 in Kimberley.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za