Die Demokratiese Alliansie het 'n dringende versoek aan die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer se gesondheidsportefeuljekomitee gerig om die gesondheidsdepartement te ontbied na 'n dringende vergadering oor fasiliteitonderhoudskontrakte. Die party sê dit kom te midde van herhaalde ineenstorting van die lugversorgingseenhede by Dr Harry Surtie-hospitaal in Upington. Die party se Erica Strauss het volgens die party 'n besoek by die hospitaal afgele en bevestig die uitdaging by die Dokter Harry Surtie hospitaal. Strauss sê dit sluit die neonatale eenheid in, waar babas aan gevaarlik warm temperature blootgestel word. Die chirurgiese eenheid het ook volgens die party tot stilstand gekom weens die hitte wat 'n risiko vir infeksiebeheermaatreëls in teaters inhou. Temperature binne die medisynekamers en apteek word ook nie binne die veilige temperatuurspeling gehandhaaf nie, wat tot medisyneverliese lei. Bewerings dat die lugversorger in die hospitaal se hoof uitvoerende beampte se kantoor in 'n goeie werkende toestand is word ook gemaak. Die DA sê in 'n verklaring dat hulle veral bekommerd is oor die gesondheid en veiligheid van pasiënte en personeel en meen dus onaanvaarbaar dat onderhoudskwessies by die hospitaal onopgelos bly en dat hulle duidelikheid oor die infrastruktuur-instandhoudingskontrak by Dr Harry Surtie-hospitaal en by ander fasiliteite benodig en nie 'n situasie sal duld waar miljoene rande aan kontrakte en daaropvolgende skikkings bestee word nie, terwyl die departement met 82koma211 miljoen op Gesondheidsfasiliteite onderbestee, en kritieke infrastruktuur toegelaat word om te verval terwyl pasiënte se gesondheid en veiligheid in gevaar gestel word nie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za