pa kla oor kliniek departement se vordering is gemaak

Die Patriotiese Aliansie het die sluuiting van die gong gong kliniek vir meer as 'n maand bevraagteken en gesê dit ontneem pasiente van hulle reg op toegang tot gehalte gesondheids sorg. Die party se Corrie Mostert sê dus kommerwekkend dat slegs een verpleegster by die fasiliteit ontplooi is en dat die kliniek se deure na bewering sedert Desember gesluit is. Die party se Sharifa Obaray-Ferris provinsiale premierskandidaat sê hulle het tydens 'n besoek aan die kliniek twee mobiele toilette aan die kliniek verskaf wat hulle ook onderhou aangesien pasiënte gebruik gemaak het van 'n pensioenaris se ablusiefasiliteit by haar huis wat naby die kliniek is. Die kliniek het ook volgens die party geen elektrisiteit nie en water kan nie uit die boorgat gepomp word nie. Obaray-Ferris sê medikasie wat in 'n koelstoor gehou moet word kan nie by die fasiliteit gehou kan word nie, aangesien daar geen elektrisiteit is nie terwyl watertenke nabewerinjg nie onderhou word nie. Lulu Mxekezo komunikasie beampte by die departement van die gesondheid is besig om 'n nuwe verpleegster by die kliniek te werf en dat dienste by die kliniek Woensdae en Vrydae gelewer word terwyl die naburige klinieke op die ander drie dae van die week dienste lewer. Sy sê 'n diensverskaffer is tans op die perseel om die elektrisiteit en water te herstel en 'n verdeelboks word vervang en twee sonkrag-kolligte word geïnstalleer terwyl herstelwerk ook aan die medisynekamer gedoen word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media