’N Noord-Kaapse onderwyser wat sy 16-jarige niggie herhaaldelik verkrag het, is deur die Mothibistad-streekhof tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die onderwyser wie volgens die Nationale Vervolging Gesag die oom van die slagoffer is, is daaraan skuldig bevind dat hy die meisie verkrag het terwyl hy destyds saam met haar, sy vrou en babadogter in die skoolkoshuis in Mothibistad gewoon het. Mojalefa Senokoatsane, streekwoordvoerder van die NVG sê die meisie is gewaarsku om stil te bly oor die verkragtings, ondanks die feit dat sy swanger geraak het. Hy sê die staat het tydens vonnis oplegging vasgestel dat die slagoffer tussen 1992 en 1995, 15 keer verkrag is. Senokoatsane sê die beskuldigde was ten tye van die pleeg van die misdade 32 jaar oud. Senokoatsane sê die slagoffer het weens die herhaaldelike verkragting swanger geraak. Die slagoffer het in 2017 'n saak gemaak waarna die beskuldigde na intensiewe ondersoek inhegtenis geneem is.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za