Die Suid Afrikaanse Nasionale Weerdiens waarsku oor Skadelike winde en uiters hoë brandgevaartoestande wat vir vandag in die sentrale en noordelike dele van die land verwag word. 'n Geel vlak 2 waarskuwing vir skadelike winde, wat na verwagting sal lei tot die verspreiding van wegholbrande oor die sentrale en noordelike dele van die Wes-Kaap sowel as die suidwestelike dele van die Noord-Kaap is opgevolg deur 'n Geel vlak 2-waarskuwing vir skadelike kuswinde tussen Dassen-eiland en Stilbaai, wat kan lei tot moeilikheid met navigasie op see. Die weerdiens wasku ook oor 'n hittegolf wat van vandag tot minstens Saterdag verwag kan wort met temeperature wat aanhoudend gaan styg. Die weerdiens sê dit sal gedeeltelik bewolk word, met enkele buie en donderbuie in die oostelike en noordelike dele. 39 grade word vir Upington voorspel gevolg deur 36 in die hoofstad kimberley.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za