Shanela sukses

369 persone waaronder 109 gesoekte verdagtes is tussen Donderdag en Sondag regoor die Noordkaap inhegtenis geneem tydens die Suid Afrikaanse Polisie Diens se Operasie Shanela wat daarop gemik is om misdaad in die Noordkaap provinsie hok te slaan. Sersant Timothy Sam van die polisie sê groot volumes drank asook skroot en kontant is gekonfiskeer terwyl nagenoeg 5 duisend 6 honderd 57 persone by padblokkades waar 3 duisend 1 honderd 94 voertuie betrokke qas deursoek. Die polisie sê besoek is ook gebring aan tweedehandse sakeondernemings asook vuurwapen handelaars en informele besighede asook plase en myne. Sam sê Operasie Shanela duur in die provinsie voort.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media