NK onderwys lei ontmoet met sbl en ouers van Topline primere skool

 ‘n Vergadering is tans onderweg tussen die LUR van Onderwys in die Noord Kaap, Zolile Monakali, ZF Mgcawu  distrik hoof van onderwys Gordon march , verskeie lei van onderwys in die distrik en die Skool Beheer liggaam van die Topline primere skool om ‘n middel weg te vind vir dié skool wat volgens die ouers en sbl nie geskik is vir onderrig vir die sowat 351 leerlinge van die skool. Voorsitter van die skool se SBL, Jenkins Esau het gese dat geen akademiese aktiwiteite by die skool sal plaasvind alvorens die department griewe verbonde aan die skool sal aanhoor en werkbare volhoubare oplossing tafel.  Esau het gesê ouers en die sbl eis dat die skool na die woonbuurt verskuif moet word om sodoende ook die veiligheid van kinders te verseker. Laas genoemde, volgens Esau gaan gebuk onder geweld op die pad na en vanaf die skool wat ver vanaf die woonbuurt  gelee is. Hierdie  leerlinge ervaar glo ook ‘n gebrek aan skole vervoer. 

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media