Plek van groot geraas in vloed

Die Augrabies-waterval in die Noord-Kaap is in vloed. Die provinsie se departement van water en sanitasie sê die hoeveelheid water wat uit die Vaaldam in die Oranjerivier uitgelaat word, sal na verwagting binne die volgende twee tot drie dae nagenoeg duisend kubieke meter per sekonde bereik. Wilco Fourie van die Oranje Landbou Unie sê die plek van groot geraas is die plek om te wees terwyl inwoners langs die Oranje Rivier gevra word om uiterse versigtigheid aan die orde van die dag toe te pas en nie die krag van die water moet onderskat nie. Fourie sê mense moet die rivier ten alle koste vermy omdat enige fout noodlottige nagevolge kan inhou.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media