Die Upington TVET kollege is in die proses om ‘n 4de industriële revolusionêre sentrum en sonkrag hub op te rig by die Upington kampus.

Die Upington TVET kollege is in die proses om ‘n 4de industriële revolusionêre sentrum en sonkrag hub op te rig by die Upington kampus. Die oprigting van die sentrum en hub was alreeds in die proses toe in diepte gesprekke gevoer was tussen verskeie liggame in die onderrig sektor wat in 2023 gevoer was. Doktor Benjamin Seleke, lektor in tegnologie opvoeding aan die Walter Sisulu Universiteit het tydens ‘n voorlegging gedurende dié gesprekvoeringe gelas dat die gebruik van kunsmatige intelligensie toebehore by ondderig ingelyf moet word om bestaande hindernisse in onderrig aan te spreek.  Seleke het gesê dat hierdie toebehore gebruik kan word as opvoedkundige hulpbronne. Willy Delie, adjunk hoof vir korporatiewe dienste by die kollege sê die hub en sentrum sal voorsiening maak dat kursusse wat verband hou met Robotika, kodering, hommeltuig vlieënier en sonkrag aangebied sal word. Hy sê daar word gekyk op ook hierdie ontwikkelinge na ander kampusse uit te rol. 

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media