Distrikshoof van die departement onderwys in die ZF Mgcawu distrik, Gordon March het sy tevrenheid uitgespreek teenoor die matriek klas van 2023 in die distrik

Distrikshoof van die departement onderwys in die ZF Mgcawu distrik, Gordon March het sy tevrenheid uitgespreek teenoor die matriek klas van 2023 in die distrik wie die departement ‘n algehele slaagsyfer van 81.4%. besorg het. ‘n Totaal van 2 455 kandidate het die eksamen in die distrik afgelê waarvan 1 988 geslaag het. Die distrik beklee die tweede posisie in the Noord-Kaap. March sê dié slaagsyfer spreek van die volgehoue harde werk van skole in die distrik. March las dat die distrik egter ‘n daling van 2.4% swakker as die 83.8% van 2022 en slegs 0.2% laer as the Namakwa Distrikuitslae, wat die eerste plek beklee. Hoërskool Duineveld is aangewys as die beste presterende skool in die distrik en dit was bepaal deur  sekere kriteria. Hoërskool Martin Oosthuizen, wie derde plek in die distrik behaal het is die enigste skool wat ‘n 100% slaagsyfer behaal het, sê March. 

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media