Met twee van Suid Afrika se grootste Damme wat tussen Desember 2023 en Januarie vanjaar hulle walle oorstroom het, het die vlakke van die Oranje Rivier in die benede oranje aansienlik gestyg. Die rivier het gister op 8 honder 65 kubieke meter per sekonde deur Upington gevloei terwyl die vanderkloof op die 18de Januarie vanjaar byna sy piek bereik het. Die voorsitter van die Oranjerivier Landbou Unie Wilco Fourie sê die verwagting is dat die damvlakke nou gaan begin afneem wat daartoe gaan lei dat' n konstante vloei op 800 Kubieke meter per sekonde ervaar kan word. Fourie sê statistiek wys dat die oranje reeds sy piek die afgelope Saterdag by Prieska bereik het en dat 'n algehele afname tot 700 Kubieke meter per sekonde binnekort ervaar kan word.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za