Ngo skryf aan kai garib

Die ko-ordineerder van Afri-Forum in die Noordkaap provinsie Werner Strauss het die Kai Garib munisipaleteit aangemoedig om te verseker dat hulle daadwerklike pogings aanwend om die waterkwaliteit en versekering aan inwoners te verbeter. Strauss sê die Suid Afrikaanse grondwet maak nie net daarvoor voorsiening nie maar dat die lewer van gehalte dienste die verantwoordelikheid van enige regerings instelling in die geval die Kai Garib munisipaleteit is. In 'n skrewe wat op Sosiale Media versprei is word melding gemaak dat wurms asook 'n slegte reuk in die water by Kakamas opgemerk is terwyl die gemeenskap nabewering vir minstens 21 dae sonder water was. Strauss se Afri Forum het monsters by Kakamas en Keimoes geneem wat gewys het dat besoedeling voorkom. Die nie winsgewende organisasie sê in hulle skrewe dat hulle onmidellike aksie van die munisipaleteit vereis en dat indien dit nie die geval gaan wees nie hulle genoodsaak sal wees om regstappe te neem om die munisipaleteit te dwing om hulle verantwoordelikheid aan die inwoners na te kom. Die Kai Garib munisipale woordvoerder Mary Ann Pienaar het intussen aangevoer dat komentaar oor die die en ander dienslewerings aktiwiteite wat insluit projekte afgehandel en projekte tans onderweg asook toekomstige projekte om dienslewering te verbeter binnekort verskaf gaan word. Die munisipale bestuurder Obakeng Isaacs het intussen 'n beroep op die beskerming van noodsaaklike infrastruktuur gedoen.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media