Sowat 60 mense vanuit die plaaslike konstruksie bedryf in
die Upington regsgebied het vanoggend opgetrek na die Evondale sonplaas wat
ongeveer 35-kilometer buite Upington op die N14 geleë is. Hierdie samekoms wat
as vreedsaam bestempel word is ten doel om met die eienaar van die sonplaas in
gesprek te tree om vas te stel hoekom plaaslike kontrakteurs nie werksgeleenthede
gebied word nie. Volgens inligting sal werksaamhede gestaak bly by die sonplaas
totdat die kontrakteurs met die eienaar gesels het en op ‘n werkbare oplossing
ooreenkom. Dit word beweer dat die sonplaas onder Chinese eienaarskap is, en
kontrakteur werk is totdusver aan kontrakteurs van buite die dorp toegeken.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com