Plaaslike vroue kweek groente tuine om honger te bekamp

Vroue groepe in Rosedale Upington en Kameelmond,‘n omliggende gebied in Upington is in die proses om groente tuine in hul agter plase te kweek met die doel daarop om honger en armoede te bekamp. Maria DuPlessis, wie deel vorm van die groep vroue in Rosedale sê die oogmerk van die initiatief in die nabye toekoms is om ‘n groente mark vanuit die groente tuine te beman en ook om groete aan bejaardes te voorsien. DuPlessis las dat hulle van mening is om meer vroue te betrek. Aaron Ranayeke, nasionale koordineerder vir die Trust for Communal education, wat alreeds 40 jaar in bestaan is, sê tot op hede het die trust steun aan die groep verleen deur die aanbieding in opleiding wat verband hou met Agro ekologie om die beginsels van basiese landbou praktyke te deel. Ranayeke sê ‘n opvolg opleiding sal in Februarie plaasvind. 

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media