Twee mans is dood en een is in 'n kritieke toestand en word tans in 'n hospitaal in Postmasburg behandel na hulle by die Newtown selfoon toring werksaam was. Die Suid Afrikaanse Polisie sê lede van die gemeenskap het gister op die toneel afgekom toe 'n alarm binne die toring afgegaan het. Volgens die polisie is 'n 39 jarige tegnikus een van die twee oorledenes saam met die sekuriteits beampte is met die lede van die gemeenskap se aankoms aangetref en die owerhede is inkennis gestel. Luitenant kolonel Sergio Kock van die polisie sê die tegnikus en sekuriteits beampte het omgekom terwyl die derde man gehospitaliseer is. Hy sê die oorsaak na die voorval word tans deur die polisie ondersoek.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za