Seuns verdrink

Die Steinkopf gemeenskap sê hulle is geskok na die beweerde verdrinking van twee sewe jarige seuns die afgelope naweek. Volgens inligting het die twee in 'n riooldam beland en hulle liggame is deur duikers verhaal. Die Suid Afrikaanse Polisie Diens se Luitenant Kolonel Sergio Kock het by navraag gesê hulle sal binnekort komentaar oor die tragiese voorval lewer.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media