ZFM behaal tweede plek in NK provinsiale matriek uitslae

Premier van die Noord- Kaap Dr. Zamani Saul het die provinsie se matriek uitslae vanoggend in Kimberley bekend gestel, vanwaar die klas van 2023 in die provinsie ‘n totale slaag persentasie van 75.8% behaal het. Die Namakwa distrik het die heel beste gevaar met ‘n slaag persentasie van 81.6 % gevolg  deur die ZF Mgcawu distrik wat die tweede beste gevaar het in die provinsie, met ‘n slaag persentasie van 81.4%. Saul het bekend gemaak dat wiskunde in die provinsie toegeneem het met 5.5%, so ook natuur en skeikunde wat toegeneem het met 2.3%. Nege skole in die provinsie het ‘n 100% slaagsyfer behaal. Saul voer aan dat ouer betrokkenheid by dié skole is die grootste belangrikste faktor wat tot die suksesse van die skole bygedra het. Saul het klem gelê op die belangrikheid van ouer betrokkenheid en het dus ouers aangemoedig om weg te doen daarmee om ondderrig totaal aan onderwysers oor te laat. Saul het gelas dat onderwysers  word benodig wie ‘n passie het vir die beroep om onderwys na hoër hoogtes vir die provinsie te verseker en sodoende die bestaande 10% verbetering in die matriek slaagsyfer vir die afgelope vyf verder te verhoog.

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media