Taal kindige oor ondersteuning

Die Namataal kundige en gasheer van die Riemvasmaak en Upington kultuurfeeste Gerrit Damarah sê die gemeenskap moet ondersteuning bied aan die klas van 2023 veral diegene wie dit nie gemaak het nie. Hy sê die uitdagings waarmee jongmense in Suid Afrika gekonfronteer word plaas geweldige druk soveelso dat jongmense op verkeerde en soms noodlottoge wyse uitkoms soek. Damarah 'n voormalige onderwyser sê dus van kardinale belang dat 2024 die jaar van die jeug behoort te wees, 'n jaar waarin ouers en skool gemeenskappe skouer aan die wiel sit en ondersteuning aan jeugdiges sal bied. Die Nama taal kundige sê dus van kardinale belang dat onderskeid getref moet word tussen die verantwoordelikheid van ouers, die gemeenskap en die rol van onderwysers veral omdat ouers hulle verantwoordelikheid op die skouers van onderwysers plaas wat volgens Damarah nie so moet wees nie. Hy het intussen die matriek uitslae verwelkom en gesê die klas van 2024 moet nou die fakkel verder vat en hulleself hulle gesinne hulle gemeenskappe en hulle skolle trots maak tydens eksamens en ander skoolverwante aktiwiteite asook op die sport veld en veral wat kultuur en die bevordering van huistaal deur die praat daarvan betref.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media