President Cyril Ramaphosa sê openbare en private sektor finansiering van groot infrastruktuurprojekte sal help om die behuisingsagterstand in die land te verklein. Ramaphosa het die behuisingsprojek van R1 miljard in Kimberley in die Noord-Kaap van stapel gestuur.Minstens 18 000 erwe is as deel van die projek gediens en meer as 4 000 huise sal na verwagting as deel van die eerste fase gebou word wat dit die grootste behuisings projek vir die noordkaap provinsie ooit maak.die noordkaap provinsie het tans minstens 160 informele woonbuurte wat regoor die provinsie weens n behuisings tekort ontstaan het. die noordkaapse premier dokter zamani saul het aan die noordkaapse publiek beken dat die gemengde befondsde infrastruktuurprojek in die Noord- en Oos-Kaap geloods is om projekte wat tot stilstand gekom het te voltooi. saul was dit eens met die president wat aangevoer het dat hulle seker gaan maak dat die regering waarde vir vir hulle geld gaan kry en dat korupsie en bedrog nie hier toegelaat gaan word nie. die uitvoerende burgermeester van die zfmgawu distriks munisipaleteit maryna basson se die streek sal 500 huise in die projek ontvang gevolg deur 1 duisend 317 in die frances baard 6 honderd 76 in die namakwa 9 honder en tien in die john taole gaetshewe en 7 honderd 65 in die pixley ka seme
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za