inwoners betoog oor buite aanstellings

Die Suid Afrikaanse Polisie Diens is na bewering na die Kimberley Akademie primere skool ontbied om ontsoke inwoners van Wyk-12 in Galeshewe onder beheer te kry toe die inwoners na bewering hulle raadslid gekonfronteer het en van ondermeer onbillike arbeidspraktyke en nepotisme beskuldig het. Die groep woedende inwoners het werk geëis en die raadslid, Isaac Ruiter, daarvan beskuldig dat hy lede van sy kring as algemene werkers by die skool aangestel het. Volgens die inwoners het hulle die geadverteerde posplasings eers gesien op die dag wat onderhoude gevoer is. Inwoners beweer ook dat die aanstellingsprosesse wat gevolg is, gebrekkig was omdat die lys van mense wat vir werk aangemeld het, reeds voor die dag van die onderhoude openbaar gemaak is.  ruiters het op sy beurt ter verdediging gese die prosesse is nie die van homself nie maar die van die van die Departement van Onderwys. Luitenant Kolonel Sergio Kock van die polisie sê, die Suid Afrikaanse Polisie Diens het die situasie onderbeheer gebring terwyl die woordvoerder vir die departement van onderwys Geofrey Van Der Merwe nie op navraag oor wat die jongste is gereageer het nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media