Laaste skyf vir tweede termyn

President Cyril Ramaphosa loods vandag die R1 biljoen rand behuisings projek in die Noordkaap provinsie. Die Noordkaap word tradisioneel as een van die party se sterk provinsies gesien ondanks die oposisie wat die afgelope jare minstens 10 persent van die stemme van die party gewen het. Die Noordkaapse regering onder die leiding van Premier Zamani Saul het 600 miljoen rand van die ontwikkelings bank van Suid Afrika geleen om die grootskaalse projek deur te sien met verskeie politieke partye en selfs die vakbond Cosatu wat die tydsraamwerk hiervan bevraagteken. Cosatu se Orapeleng Moreladi sê hulle gaan betoog tydens die lansering van die projek terwyl die Demokratiese Aliansie asook Action SA meen die deur word oopgemaak vir grootskaalse korupsie en bedrog asook dat die ANC desperaat is om die verkiesing te wen en dat die party nou op regerings golf wil ry om kiesers 'n rat voor die oe te draai.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media