Meer as 20-duisend aansoeke vir graad een en agt leerlinge is in die Noord Kaap ontvang

Meer as 20-duisend aansoeke vir graad een en agt leerlinge is in die Noord Kaap ontvang. Volgens die departement onderwys in die provinsie,  is 99 persent van die aanlyn aansoeke in skole  geplaas. Dit, terwyl sommige ouers in Kimberley egter gefrustreerd is omdat hul kinders, ‘n dag voor die skole begin, nog nie plek het nie. Ander wat aanlyn aansoek gedoen het sê hulle is ontevrede met die skool waar hul kinder geplaas is. In reaksie hierop sê  die department dat ouers drie moontlike opsies het en word kinders geplaas waar beskikbare plek is. Dus, weens beperkte kapasiteit by skole kon alle  leerlinge nie by hule eerste keuse skole geplaas word nie. Die Departement het wel gesê dat hule onverpoos werk om alle leerlinge registreerd te hê voor more. Aanlyn aansoeke bereik ook vandag die afsluiting daarvan.

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media