da oor brandvlei moord

Die Demokratiese Alliansie sê dit gaan 'n beroep op Hantam-munisipaliteit doen om dringend die stukkende Brandvlei-gebou te sloop waarin die naakte lyk van 'n 18-jarige Hesty -Ann Green na bewering op 31 Desember 2023 onder puin versteek gevind is. Die DA sê hy veroordeel die wrede moord wat volgens die party 2024 onder wrede omstandighede vir Hesty-Aan se familie, vriende en die groter Hantam-gemeenskap ingelui het. Die DA sê misdaad wat toenemend buite beheer is, is 'n manifestasie van die ineenstorting van die polisiediens onder leiding van die polisieminister Bheki Cele. Die party sê hy sal voortgaan om die hofsaak te monitor. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media