Bejaarde in Rosedale streef daarna om verskil in gemeenskap te maak.

‘n Bejaarde vrou van Rosedale in Upington, Rachel Fillies streef daarna om dinge te vergemaklik vir mense in minder gegoede omstadighede  veral met die hitte wat tans in Upington ervaar word. Sy het begin om water wat sy self tuis suiwer aan die plaaslike gemeenskap te verkoop vir ‘n skamele 50c per 500 mililiter. Rachel Fillies, wie haar tien plus katte as geselskap het sê sy streef daarna om verligting te bring veral aan buur areas waar daar tans geen infrastuktuur is nie. Fillies sê sy bekom die bottels deur herwinning en beoog om die water te versprei by verskeie skole in die area. Sy las dat hulp  skaars is,want meer bereik kan word, waar meer hande sal ingryp.

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media