Terwyl reenval voortduur in groot dele van Suid Afrika word inwoners daaraan herinner om nie kanse te waag deur in die stygende Oranje Rivier te swem nie. Die lesing by die Oranje Rivier brug dui daarop dat die watervlakke stadig styg wat die swem in die rivier lewensgevaarlik maak. Die Suid Afrikaanse Polisie se Itumeleng Mahura by Kakamas sê inwoners moet nie kanse waag en hulle lewens op die spel plaas deur in die rivier of in die kanaal of selfs in damme te swem nie
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za