sangoma verdagte kry borgtog

’n Man wat daarvan beskuldig word dat hy ’n 26-jarige tradisionele geneser in Kimberley in die Noord-Kaap verkrag het, is borgtog van R2 000 deur die Kimberley-landdroshof toegestaan. Die 43-jarige man het na bewering die vrou verkrag nadat hy haar in November verlede jaar versoek het om 'n reinigingsritueel in sy huis uit te voer. Tradisionele genesers wat in getalle by die Kimberley-landdroshof gekom het, sê hulle is teleurgesteld in die regstelsel. Hulle sê hulle is steeds in ongeloof dat die verkragtingbeskuldigde borgtog toegestaan is al is hy nie 'n eerste oortreder nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media