Kraandroogte begroet dkm inwoners

Inwoners van die Dawid Kruiper munisipale regsgebied in Upington is vroeg vanoggend begroet met droee krane wat volgens die munisipaleteit weens 'n elektrisiteits onderbreking veroorsaak is. Die munisipaleteit het op hulle amptelike sosiale media blad die onderbreking aangekondig en terselfde asem aangevoer dat 'n tydelike plan reeds gisteraand geimplimenteer was om die probleem aandag te gee, terwyl tegniese spanne volgens die departement reeds van sewe uur vanoggend besig is om die nodige herstelwerk te doen. Die woordvoerder Patrick Williams het opnuut inwoners daaraan herinner dat die Abraham holbors September watersuiwerings aanleg elektries gedrewe is en dat die onderbreking in die elektrisiteits netwerk die droee krane veroorsaak het. Hy sê die munisipaleteit bly verbind tot dienslewering en versoek geduld terwyl herstelwerk voortduur.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media