Die Noordkaapse departement van gesondheid het die heengaan van een van die departement se bekende Psigiater dokter Zygmunt Piotrowski tydens 'n gedenkdiens by die st Mary's Ktedraal in die provinsie se hoofstad Kimberley betreur. Die departement sê Piotrowski het 38 jaar die departement asook die Noordkaapse gemeenskappe gedien en was volgens die LUR vir gesondheid Maruping Lekwene wel bekend onder pasiente en selfs personeel en het as dokter Troskie bekend gestaan. Die departement het nie uitgebrei oor die oorsaak van Piotrowski se sterfte nie maar aangevoer dat sy heengaan 'n masiewe leemte laat in die waarde en dienslewerings ketting by die departement.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za