Motoriste opnuut teen rylopers gemaan

Motoriste in die Noordkaap provinsie is opnuut teen die optel van rylopers gewaarsku. Die valke in die provinsie se woordvoerder Nomthandazo Mnisi sê hulle ondersoek verskeie gevalle van motorkaping waar motoriste stilgehou en rylopers probeer help het, en slagoffer van kaping geval het. Sy sê kapings word tans by Hartswater en kuruman ondersoek waarin misdadigers hulleself as rylopers voorgedoen het en niksvermoedende motoriste aangeval het. Sy sê die moontlikheid van 'n sindikaat word ondersoek terwyl rylopers ook in 'n ander voorval geteiken en beroof was. Mnisi sê ryloop is gevaarlik en verwys na die geval waar rylopers deur motoriste genader is en 'n geleentheid aangebied was en beroof was. Sy sê uiterse oplettendheid moet aan die orde van die dag wees. Sy versoek in 'n verklaring dat mense nie ryloop en motoriste nie rylopers moet optel nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media