Inbraak by sol se eerste se kantoor

Die polisie in Kimberley in die Noord-Kaap ondersoek 'n voorval waarin daar na bewering verlede week ingebreek is by die kantoor van die uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit , Kagisho Sonyoni. Die munisipaliteit sê dit is steeds nie duidelik hoe die inbreker toegang tot die kantoor gekry het nie. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Sergio Kock sê die voorval het tussen die 3de en 4de Januarie 2024 gebeur.Hy sê niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek duur voort.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media