Swaar reen en weerlig waarskuwing

Erge donderstorms word verwag oor die suid oostelike dele van Noordwes, Vrystaat en die ekstreme oostelike dele van die Noordkaap provinsie asook Mpumalanga behalwe die Oostelike laeveld en Gauteng. Die storms gaan na verwagting swaar reen, sterk winde, haal en uitermatige weerlig wat tot kitsvloede en oorstromings kan lei veral in laagliggende gebiede. Die Suid Afrikaanse weerdiens waarsku oor die moontlikheid van infrastruktuur skade by informele woongebiede veral in oop areas asook skade aan huise voertuie en by hawens weens die sterk winde wat verwag word. Die diens waarsku mense om weg te bly van oop velde en onder bome waar swaar weer en uitermatige weerlig gaan voorkom. In die Noordkaap het die polisie vroeer gewaarsku dat mense uiters versigtig moet wees veral na drie mense dood en verskeie ander weens weerlig beseer is. Mooi weer wort vir Upington voorspel vandag met temperatiere wat 21/36 staan. 21/36 in Prieska, partly cloudy conditions in Kuruman with temperatures standing at 20/33.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media