Operasie Vala Umgodi wat deur die Suid Afrikaanse Polisie vroeer ingestel is en fokus op onwettige mynbedrywighede in veral die Frances Baard en Namakwa het daartoe gelei dat vier mans met die hulp van 'n privaat sekuriteits maatskappy vir onwettige mynbedrywighede in die Namakwa inhegtenis geneem is. Die verdagtes, twee Suid Afrikaners en twee Zimbabwiers tussen die ouderdomme van 17 en 39 jaar oud sal in die hof verskyn terwyl die polisie op toeristing ter waarde van 2 duisend 600 rand beslag gele het wat gebruik was in die misdaad. Diamant draende gruis is ook op beslag gele. Luitenant generaal Koliswa Otola provinsiale polisie kommisaris sê die geveg teen onwettige mynbedrywighede gaan nie gestaak word nie. Die polisie maan burgerlikes om weg te doen met die en ander misdaad verwante praktyke.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za