Die Suid Afrikaanse Polisie Diens in die Noordkaapse hoofstad Kimberley sê ondersoek na onwettige en die bekamping van onwettige mynbedrywighede regoor die provinsie gaan voortduur in 'n poging om die bedryf totaal uit te wis. Verskeie verdagtes waarvan die meeste ongedokumenteerde buitelandse burgers is, is sedert die begin van operasie vala umgodi inhegtenis geneem en verskyn tans in verskillende howe. Toeristing wat vermoedelik gebruik word om die onwettige bedrywighede te bevorder ter waarde van duisende rande is ook reeds op beslag gele. Sersant merapelo pilane van die polisie se hulle werk saam met die suid afrikaanse nasionale weermag wie in Desember ontplooi is vir bystand om die booswigte vas te vat. Elf krag opwekkers en nagenoeg 33 swaar boormasiene en ander toeristing is onlangs op beslag gele in beide die namakwa en frances baard streke met 25 verdagtes tussen 26 en 50 jaar oud wat inhegtenis geneem is. Pilane se die polisie bedank die betrokkenheid van diegene in die gemeenskappe wat inligting oor onwettige mynbedrywighede verskaf en vra dat mense voort sal gaan om die hand van die suid afrikaanse polisie en ander wetstoepasings agentskappe te sterk in die bekamping van misdaad.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za