’n 47-jarige man wat daarvan aangekla word dat hy sy voormalige vrou in Kimberley in die Noord-Kaap noodlottig geskiet het, sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning.
Die verdagte het na bewering verlede jaar sy voormalige vrou twee keer voor haar negejarige dogter in hul huis geskiet.
Die beskuldigde het in die Kimberley-landdroshof verskyn en word volgende maand weer in die hof verwag.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za