zim vrou se borgaansoek in kimberley hof

Die borgtogaansoek van ‘n 41-jarige Zimbabwiese vrou wat van kinderhandel aangekla word, sal na verwagting vandag in die Kimberley-landdroshof voortgaan. Die vrou is verlede maand saam met ‘n 46-jarige man in hegtenis geneem. Volgens 'n polisie verklaring is die verdagte op ‘n bus betrap, wat van Midrand na Kaapstad onderweg was, met 14 kinders wat nie identiteitsdokumente gehad het nie. Die polisie sê haar medebeskuldigde is uit op borgtog van vyfduisend rand. Die ondersoekbeampte het getuig dat daar baie teenstrydighede in die beskuldigde se verklarings is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media