Die Suid Afrikaanse Polisie in Brandvlei het 'n 19 jarige verdagte in Kaapstad inhegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by die gru moord op die 18 jarige Hesty Ann green op die 31 ste Desember 2023. Die verdagte is volgens inligting van Brandvlei maar werksaam in Kaapstad. Die verdagte verskyn later vandag in die Brandvlei landroshof. Die polisie se sersant Molefi Shemane sê inwoners moet kalm bly en die wetstoepasings agentskappe wat die polisie insluit toelaat om hulle werk te doen. Hy sê die oproep kom na ontevrede inwoners na die polisie stasie opgeruk het om antwoorde te eis rakende die gruwelike moord wat die dorp se inwoners geskok het.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za